Sonsteek( 2 Nuwe Songs!!!!) profile picture

Sonsteek( 2 Nuwe Songs!!!!)

Breek Die Stilte

About Me


SONSTEEK (Hitteslag) Progresiewe Afrikaanse Rock.In 2004 begin die tweelingbroers Wynand en Dewald met Sonsteek - die idee om die norm van stereotipiese Afrikaanse musiek te breek. Aanvanklik was die groep gekenmerk deur old school riff-rock in die styl van AC/DC en Buckcherry, maar met die tromslaner Reyno het Sonsteek geleidelik meer progressiewe idees begin ontwikkel. 2006 was vir hulle die jaar waar dinge begin gebeur het. Na een van hulle optredes vroeg in die jaar is hulle deur Vonk Musiek genader en ‘n opnamekontrak aangebied. As ‘n driestukgroep het hulle gevoel hulle kort nog ‘n dimensie in hulle werk en het besluit om oudisies vir ‘n ekstra kitaarspeler te hou.
Pas terug van Londen was ‘n ou vriend van Reyno wat op soek was na ‘n groep wat sy musikale invloede soos System Of A down, Metallica en Joe Satriani kon waardeer. Cornell het in Maart 2006 by Sonsteek aangesluit – drie weke voor hulle die studio betree om hulle eerste album Breek Die Stilte op te neem.
As aanvulling tot hulle groeiende progressiewe musiek, was dit dus ‘n maklike besluit om Nardi, net na die opname, deel van Sonsteek se evolusie te maak. Wynand konsentreer nou meer op sy kitaarkuns pleks van stemwerk, en Nardi se invloede soos Deftones, Breaking Benjamin en Depeche Mode voltooi die sirkel.
Sonsteek het onder andere by KKNK, Moonrock Fees, Oos-Rand Stereo Fees, Nile Crocodile, The Bluesroom, Back2Basix, The Bunker en Roxy’s opgetree. Hulle het ook al die verhoog met ouens soos Klopjag, Fokofpolisiekar, Jan Blohm en Piet Botha gedeel. Met onderhoude op Radio Roosestad en UJ fm het Sonsteek reeds talle luisteraars se ore bereik. Die liedie “Die wat nog omgee” was op Radio PUK se speellys en het nommer 4 behaal.
“Rooi Oorlog” is die eerste snit van die debuutalbum wat tans uitstekende reaksie by aangangers ontlok. Die musiekvideo is reeds opgeneem en is aanstons op MK – dieselfde geld hulle volgende snit en video getiteld “Gee my krag”.
Hou dop. Sonsteek gaan jou stilte breek.

My Interests

Music:

Member Since: 9/6/2006
Band Members: Nardi(Vox)- Wynand(Kitaar)- Corrie(Kitaar)- Dewald(Bass)- Reyno(Dromme)

Influences: Sonsteek Live by Medium2Rare Productions se Ignition-o-Seven
Sounds Like: Rooi Oorlog is 'n stagedive song. Die CD is lank al epies, en dis nog ver van klaar af." vetseun.co.za
?

Signup for our Mailing List

*: required


First name:
Last name:
Email * :
City:

Fan list management by FanBridge.com
Record Label: Vonk
Type of Label: Indie

My Blog

Uit Kobus Prinsloo se pen

Stilte: Gebreek.Saterdag 16:00.  In 'n motorhuis in Van der Bijl is ek besig om na 'n soundcheck te luister toe twee goed my tref. Nee, drie. Eerste een is dat soundchecks in r...
Posted by Sonsteek( 2 Nuwe Songs!!!!) on Wed, 05 Dec 2007 04:24:00 PST

JIP interview

as jy maandag se JIP gemis het kan jy steeds die interview op http://www.news24.com/Jip/SA_Bands/0,,1742-1744_2172024,00.h tmlgaan kry.laat dit julle geweldig gaan
Posted by Sonsteek( 2 Nuwe Songs!!!!) on Wed, 29 Aug 2007 10:44:00 PST

De Wildt Rock Festival

Hosted By: Medium2RareWhen: Saturday Sep 01, 2007 at 10:00 AMWhere: De WildtPlot 78, VissershoekDe Wildt, South AfricaDescription:Medium2Rare Click Here To View Event...
Posted by Sonsteek( 2 Nuwe Songs!!!!) on Thu, 02 Aug 2007 09:54:00 PST

Kuberkoos fotos op MK89

daar is net n paar maar gaan kyk maar wat uit kuberkoos se lens uitkom.daai man weet wat hy doen.hier is die linkhttp://www.mnet.co.za/mk89/shows/displayShow.asp?id=20&T ype=gallery&ImageCategoryId=33...
Posted by Sonsteek( 2 Nuwe Songs!!!!) on Fri, 27 Jul 2007 08:16:00 PST

Agter die skerms op MK89

Sopas by die dude van Die Maverick(gaan check hulle ook uit.baie cool band) gehoor dat daar so n agter die skerms storie van die afgelope naweek se video shoot is.(DANKIE KATVROU!)gaan kyk op www.mnet...
Posted by Sonsteek( 2 Nuwe Songs!!!!) on Tue, 24 Jul 2007 06:20:00 PST

MK89 review

ja so die ding is nou n bietjie oud maar gaan kyk maar in elkgeval.was n moer lekker gig saam Zinkplaat en Die Heldehttp://www.mnet.co.za/MK89/displayArticle.asp?ID=0& Articleid=305...
Posted by Sonsteek( 2 Nuwe Songs!!!!) on Thu, 19 Jul 2007 04:01:00 PST

SMS "W9band Sonsteek" na 35551

Wil julle mense moer graag daar sien,so sms "W9band Sonsteek" na 35551 en laat dit gebeur. Jy kan ook 9 kaartjies wen.n Hele R3000 werd! Doen dit,moenie bang wees nie....
Posted by Sonsteek( 2 Nuwe Songs!!!!) on Tue, 12 Jun 2007 11:27:00 PST

JIP interview.

vir die wat nie die JIP gelees het nie.gaan na http://www.news24.com/Jip/SA_Bands/0,,1742-1744_2113108,00.h tmltot later
Posted by Sonsteek( 2 Nuwe Songs!!!!) on Fri, 18 May 2007 06:32:00 PST

Kyk terug op KKNK

Hel.!Wat kan n mens se? Eers by die begin....ons het nooit geweet hoe kak dit is om 3 uur die oggend n pap wiel om te ruil langs n par shacks,erens in die Vrystaat nie.ONS WEET NOU.Lanklaas 5 dudes so...
Posted by Sonsteek( 2 Nuwe Songs!!!!) on Fri, 20 Apr 2007 07:02:00 PST

Wes-Kaap,hier kom ons....

Dit is al weer daai tyd van die jaar.KKNK!! Dit is ons tweede trip af as Sonsteek, en ons kan nie wag om ons Kaapse vrinne te ontmoet nie.(laat weet maar as jul in die omgewing gaan wees) Gaan lo...
Posted by Sonsteek( 2 Nuwe Songs!!!!) on Mon, 19 Mar 2007 06:02:00 PST