Thys Nywerheid profile picture

Thys Nywerheid

thysnywerheid

About Me

Thys Nywerheid is in 1907 gebore op ‘n plaas duskant Bethlehem. Op die jeugdige ouderdom van 2 val Thys in die beesdip en hierdie insident besorg hom lewenslange bestandheid teen siektes. Hy vier tans sy 100ste bestaansjaar en is nog perdvris! As jong seun het hy graag eksotiese voels, kleinwild en troeteldiere met sy kettie gejag. Nadat sy vader hom behoorlik laat riem spring het omdat hy die stoetbul se waardevolste anatomie met ‘n klippie geskaad het is sy kettie van hom ontneem. Uit pure furstrasie het die jonge Thys hom gewend tot boeremusiek as vertroosting. Thys se eerste profesionele optrede het plaasgevind in die Bethlehem Auto repair shop. Daar is hy 2 pond betaal – om op te hou speel. Thys is kort daarna vort die buiteland in om te gaan veg in die oorlog. Hy geniet hierdie werk so baie dat hy sommer 3 nuwe oorloe begin nadat die 2de wereld oorlog beeindig is. Nadat hy die kommuniste eiehandig verslaan het en die Berlynse muur met sy trekker gesloop het keer hy terug na sy Vaderland om die kulturele leemtes wat kommunisme veroorsaak het te herstel. Gewapen met sy kitaar begin hy ‘n orkes so saam met die tiekie draai van die eeu. In sy geliefde Jakaranda stad ontmoet hy die geheimsinnige draaitafel Jafel, ‘n vent wat ‘n trippel agent is vir die Ossewabrandwag en die sluit aan by die Thys Nywerheid boere orkes Thys Nywerheid is ‘n uitverkore boere profeet en sy vertoning spreek van onwrikbare waardes en herlewing van vergete kultuur juwele. Nieteenstaande die ernstige roeping van die orkes is daar tog ook die geleenthede om die litte op die dansvloer los te maak want Afrikaners is mos immers plesierig! Thys Nywerheid is ‘n gesiene musikant en het al talle pryse ingepalm vir sy uitmuntende bydraes tot die Afrikaner erfenis. Hy is tans besig met sy Autobiografie – “Noem my Oom: die steunpilaar van die boerevolk” Asof daar nog plek op sy kerfstok is het Thys ook al vele pryse verower met sy kookvernuf. Verkleurmannetjie pannekoeke en Koedoe long bredie val onder sy gunsteling disse. Thys Nywerheid eet nie van die vloer af nie.

My Interests

Music:

Member Since: 6/9/2006
Band Website: thysnywerheid.co.za
Band Members:

Thys Nywerheid: Kitaar en roepstem


Die Draaitafel Jafel: Allerande snaakse kontrepsies met knoppies en blink liggies


Influences: Oom Stompie se elektriese saagorkes, De Lange se langwals orkes, Oom Yster se stryk kwartet, Nic de Priester
Sounds Like: Die magtige dreuning
Record Label: Stewelbeen records
Type of Label: Indie

My Blog

TN meets Bal-oog

Goeie more maats! My vriende by bal-oog.co.za het 'n kick-ass animasie video gemaak vir "haasdas". Gaan check dit uit hier: http://www.bal-oog.co.za/html/haasdas.html   vrede TN...
Posted by Thys Nywerheid on Thu, 12 Apr 2007 10:58:00 PST

Three Cheers to the Tswane Electricity Department

Three cheers for the Tswane electricity department   The Tswane Electricity Department has recently proven themselves to be the world leaders in incompetence.  This renowned department has t...
Posted by Thys Nywerheid on Fri, 20 Oct 2006 03:47:00 PST

My new little cyber apartment

Yo, yo, yo fellow cyber tourists   What can I say? I have just moved into my new virtual apartment here on the web and I am still busy unpacking my things. I posted some of my music for you all t...
Posted by Thys Nywerheid on Mon, 12 Jun 2006 04:06:00 PST