Bonsai is 'n dinamiese Afrikaanse groep van Johannesburg, Suid Afrika.
Hul glo in harde werk en neem die gawe om vir hulleself te dink ter hart in alles wat hul aanpak. Fran is geen onbekende vir Afrikaanse gehore nie en het verhoë in 2000 reeds betree onder verskeie groep- en skuilname. Bonsai het so ook as 'n solo projek begin nadat Fran die spreekwoordelike Goue Meerkat in die Kango Grotte gaan soek het.
Adriaan Jonker is 'n naam om te onthou en vul die skoene van kitaarspeler in Bonsai. Hy en Fran het in 2006 begin saamspeel na 'n verwysing van goeie vriend en vervaardiger Dewald Pretorius. Bonsai het ook uit eindelik na 'n paar skuiwe in die ritme afdeling op twee monsters afgekom nl. Kyle Davies op baskitaar en Sam Febi op dromme.
Hul werk tans aan material vir Bonsai se volgende album en verfyn ook hul verhoogoptredes in die proses.
Hou jou oog op die ouens, hulle sal jou nie teleurstel nie.
***
Bonsai is a dynamic group from Johannesburg, South Africa.They believe in hard word and try to use the gift of thinking for oneself in everything they do. Fran is no new name to Afrikaans crowds and has been playing South Afican stages since 2000 under numerous groups and pseudonyms. Bonsai thus started as another solo project after Fran went searching for the Goue Meerkat in the Cango Caves.
Adriaan Jonker occupies the all important task of lead guitarplayer in Bonsai and the two have been playing together since 2006 after a suggested meeting by friend and producer Dewald Pretorius. Bonsai have also finally settled on a monster rhythm section and formally welcomed Kyle Davies and Sam Febi on bass guitar and drums respectively in 2008.
They are currently hard at work on material for their next album as wel as refining their stage performances in the process.
Keep your eye on these guys, they will not disappoint.