['n] Kriem van ['n ander] Aard(e) profile picture

['n] Kriem van ['n ander] Aard(e)

I am here for Friends and Networking

About Me


['n] Kriem van ['n ander] Aard(e)
(03-06-2007 apdyt)

Die Kriem van 'n ander Aarde
Het absoluut niks te sê van enige waarde

---------

DIE VERHAAL VAN DIE OERIEDJUNUL KRIEMSOURA

AANDAG ALLE NUWELINGE: Die volgende uiters belangrike inligtingstuk bevat integrale informasie omtrent Kriemsoura, die stigtende lid van hierdie hele gedoente (watookal hierdie hele gedoente nou eintlik behels). Neem asseblief 'n oomblik om dit sorgvuldig deur te werk, vir my voordeel sowel as u eie. Byvoorbaat dank.

Mannemarak meringue Meraai!! Ra ra ra ra ra... Onthou, die beste aartappel hou sy baadjie aan vir ete! Aartappels in die skil gekook of gebak behou die meeste voedingswaarde.
Kyk, laat ek nou vir jou 'n ding of twee vertel... Daar was onlangse gerugte en bespiegelinge dat Kriemsoura se groen skynsel te wyte is aan die een of ander vorm van jaloesie. Maar grote Griet, wat 'n wolhaarstorie is dit tog dan nie! Daar is tog dan niks waarop 'n man van daardie kaliber nodig het om jaloers te wees nie, is daar?Maar o wee, daar's nog iets belangrik wat ek met julle jong bloedjies moet deel... Neem asb 'n minuut of twee van u kosbare tyd en lees die volgende sorgvuldig deur. Dit is tog essensieël om te weet en te ken en te verstaan, ten volle, die afkoms van die Kriemsoura .
Ja nee kyk, sonder om nou te veel draaie te loop, sonder om nou rondom die punt te praat, sonder om te hanna hanna, sonder om onnodiglik langdradig te raak oor hierdie saak, kom ons maak soos hulle in Engels sê en val sommer met die deur in die huis... Verskeie miljoene jare gelede was daar 'n baie obskure dog uiters kragtige, buitengewoon elegante, super-aantreklike, hiper-intelligente spesie van dinosourus genaamd die Kriemsourus . Toe al die ander dinosourusse uitgesterf het, wonder bo wonder, het een Kriemsourus eier oorleef deur... wel, deur genade alleen!!
Die eier het vir miljoene jare rondgedryf in die oseane en riviere van die wêreld totdat 'n familie van vriendelike Suid-Afrikaanse seekoeie in 1983 gaaf genoeg was om hom uit te broei en die Kriemsourus groot te maak as hul eie.
In sy vroeë twintigerjare het die Kriemsourus egter die spoor geheel en al byster geraak na aanleiding daarvan dat hy bevriend geraak het met 'n paar Witbankers en ander soortgelyke variasies van die Animalia Zephibius spesie (algemeen bekend as Zeffers). Dit is tydens hierdie periode in sy lewe dat hy begin het om op 'n gereelde basis vir geen goeie rede herhaaldelik en onwillekeurig die geluid "ra" te maak. Daarvandaan dan die metamorfose in sy naam vanaf Kriemsourus na Kriemsoura .
Dankie vir u tyd. Ek hoop u het nou 'n beter begrip van presies wie en wat die Kriemsoura is, en ook dat u nou kan verstaan dat dit nie nodig is om te vrees wanneer u die Kriemsoura raakloop nie. Oorhandig bloot alle kontant en/of enigiets anders van substansiële waarde aan hom en daar behoort geen verdere komplikasies te wees nie.
Interessante feit: As 'n huldeblyk aan die seekoeifamilie wat hom grootgemaak het, het Kriemsoura tydens die negentigerjare daarop aangedring dat 'n uitbeelding van 'n seekoei gebruik word om sy offisiële drankie, Sparletta Creme Soda, te bemark. Snaaks genoeg drink Kriemsoura self nie enorme hoeveelhede Creme Soda nie, maar verkies om 'n gesonde leefstyl te leef en eerder baie water en groen tee te drink. Partymaal met jasmyn.



Myspace Layouts - Myspace Editor - Image Hosting

My Interests

I'd like to meet:

* Moomin
* Enige ander Skandinawiese trolle wat soos seekoeispoke lyk
* The Happy Hippo
* Enige ander seekoeie
* Al die wrede en slinkse pomelo's van reg oor die wêreld
* Gawe mense
* Goeie mense
* Groen mense
* Gawe monsters
* Goeie monsters
* Groen monsters
* ZZZEEEEFFF mense!!
* Wel, en zef monsters natuurlik.