Charles aylward profile picture

Charles aylward

About Me

“Ek het groot geword in Port Elizabeth, die vriendelike winderige stad.Ek het my eerste kitaar les by my oupa gekry toe ek so 12 jaar oud was. Dit was van daardie tyd toe my musiek belangstelling groot geword het en ek myself verder ontwikkel het in my musiek en sang. Ek speel kitaar, clavier, keyboard, dromme en baskitaar. Ek het van jonks af in kerke se orkeste gespeel, asook baie daar gesing en opgetree. Ek was ook vir ‘n paar jaar by verskeie gemeentes die sangleier. My musiek agtergrond binne hierdie arena het my geleer hoe om sang en musiek toe te pas in alle situasies.Tans is my brood en botter in die IT bedryf as ‘n rekenaar programmeerder, maar soos julle kan sien, is musiek en sang my passie en dis hoekom ek besluit het om my droom te volg. Ek geniet dit onsettend om lirieke te skryf en liedjies te komponeer. Ek geniet dit ook om mense te vermaak met sang en musiek en daar is niks lekkerder om te sien hoe mense dit geniet en dans op my musiek nie.Ek bly tans in Centurion en is nou altesaam 7 jaar in Gauteng en die mense hier is net die beste. Ek is ook ‘n Blou Bul ondersteuner, want die Bulle se ondersteuners se gees en die span is net die beste.Dit was vroeg in 2006 toe ek besluit het dat dit tyd is om lirieke te skryf, dit te komponeer en dit op te neem. Op hierdie stadium doen ek ook my eie opnames. My liedjies is sekulêre Afrikaanse musiek, Die styl wissel van vinnige (lekker skoffel) tot rustige afrikaanse musiek. My eerste album wat in September 2006 beskikbaar was, se titel is ‘My Hart’. Hierop is net oorspronklike liedere wat ek self geskryf het. "

My Interests

Music:

Member Since: 30/11/2006
Band Website: http://www.charlesaylward.co.za
Record Label: Unsigned

My Blog

The item has been deleted


Posted by on